News

Baba in asblik gevind

Die liggaam van 'n pasgebore babaseuntjie is gistermiddag in 'n asblik buite 'n winkelsentrum in Pietermaritzburg gevind.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, is die babatjie deur veiligheidsbeamptes gevind. Hulle het die baba na hul kantoor geneem en nooddienspersoneel en die polisie ontbied.

Die seuntjie was in ‘n plastieksak toegedraai en op die toneel dood verklaar. “Daar was ongelukkig niks wat vir hom gedoen kon word nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button