News

Negejarige van Meyerton ernstig beseer in ongeluk

MEYERTON. - ‘n Negejarige seuntjie van die dorp is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem nadat hy Vrydagaand 28 April in Bushystraat in Golfpark in ‘n ongeluk betrokke was.

Jaco en Nicolene Basson, hul twee kinders en Nathan het skaars by hul huis weggetrek toe sy beheer oor die voertuig verloor het. Hulle vermoed dit was ‘n tegniese fout, maar dit kon nog nie bevestig word nie.

Die voertuig het gerol en Jaco en Nathan is in die ongeluk beseer.
Nathan Wiese, ‘n graad vier-leerling aan Laerskool Republiek, is na die Sebokeng-hospitaal geneem waar hy ‘n noodoperasie moes ondergaan omdat hy inwendige bloeding gehad het.
Nathan voor die ongeluk.

 

Hy het ook sy bekkenbeen gebreek, ‘n hou op die kop weg en sy een oor is erg opgeswel.
Daar was egter nie plek vir Nathan in die intensiewe sorgeenheid van die Sebokeng-hospitaal nie en hy is na die Charlotte Maxeke-hospitaal oorgeplaas, waar hy aan ‘n ventilator gekoppel is en onder verdowing geplaas is.
Volgens sy ouma, mev. Magda Wiese, is hy tans nie meer op die ventilator nie en ook nie meer onder verdowing nie. Hy sou egter nog ‘n operasie ondergaan, maar dokters meen sy bekkenbeen sal vanself herstel omdat hy nog jonk is.
“Hy kan met sy een oor nie hoor nie en ons weet nie of dit weens die swelling is nie. Hy kan ook nie loop nie. Hy lê net daar,” sê mev. Wiese.
Jaco moes ‘n beenoperasie ondergaan en sterk in die hospitaal aan.
Nathan se familie wil hom graag na ‘n privaat hospitaal oorplaas, maar dié skuif kom ongelukkig teen ‘n prys. Nathan behoort nie aan ‘n mediese fonds nie en dus sal die rekeninge dan kontant betaal moet word.
Indien enige persoon Nathan en sy gesin wil help sodat hy die beste mediese sorg kan kry, kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:
C. Bekker
Capitec Bank
Spaarrekening: 1388317689
Takkode: 470010
Verwysing: Nathan
Nathan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button