News
Chaos heers op Goue Hoofweg
Die protesaksie wat gister gesorg het dat die Goue Hoofweg vir 'n geruime tyd moes sluit, duur vandag voort.
Die protesaksie het nou ook na Ennerdale en Freedom Park versprei en verskeie paaie is gesluit.
Ontstoke inwoners versper paaie met brandende bande en klippe, terwyl verskeie winkels en ‘n vulstasie het gister onder vandaliste deurgeloop.
Inwoners meen hulle sal voortgaan met die protesaksie tot hul ordentlike behuising kry.
Die polisie moes gister rubberkoeëls inspan om die groep onder beheer te bring en sowat 12 mense is vir openbare geweld gearresteer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



