News
Soektog na liggaam in Kliprivier duur voort
MEYERTON. - Die soektog na die vermiste liggaam van 'n man wat vermoedelik verdrink het, duur steeds voort.

Die polisie se watervleuel het gister hul soektog voortgesit in die Kliprivier by die Klipdraai Karavaanpark. In die middel van die rivier is ‘n opeenhoping van boomstompe- en takke en die moontliheid bestaan dat die liggaam dalk daaronder kan wees.
Die man was laaste gesien op 18 Maart by die Danie McLean Park waar hy in die Kliprivier geswem het. Ooggetuies het hom nog gesien swem en toe is hy skielik nie meer daar nie.
Die soektog duur voort.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



