News

Polisievoertuig gekaap; skote klap; twee beseer

'n Jaagtog het gister onstaan na 'n polisievoertuig op die N3 gekaap is.

Lede van die polisie en die polisie se lugvleuel het alles in hul vemoë gedoen om die kaper vas te trek.

Die jaagtog het egter tot ‘n einde gekom in Jan Coetzee- en Kritzingerstraat in Florentia, Alberton nadat die vermeende kaper teen ‘n muur vasgejaag het.

Twee mense is in die voorval beseer. ’n Man is kritiek beseer en die polisievrou het matige beserings opgedoen. Sy is na bewering deur ’n onbekende aantal mans uit die motor gekaap.

Die verdagte en die polisie het op mekaar losgebrand en die vermeende kaper is in die kop getref. Die vrouebestuurder van die gekaapte voertuig is uit die motor gegooi toe dit gekaap is.

Die man is agter die stuurwiel van die polisiemotor aangetref. Hy is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy hospitaal toe geneem is.

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button