News

Seekoei wandel in die strate

Dit is nie elke dag wat 'n seekoei in 'n woonbuurt rondwandel nie, maar dit het inderdaad in Lephalale gebeur.

In die Video wat deur Maroela Media gedeel is kan jy sien hoe twee mense op ‘n bromponie ‘n wye draai neem om verby die seekoei te ry en dan draf hy boonop nog na hulle kant toe ook.

Die honde blaf, maar die seekoei gee nie veel om oor dit nie en draf rustig voort.

Leon Fourie, sakeman in die omgewing wat seekoeie aanhou, het aan Maroela Media gesê dit is nie een van sy seekoeie nie, maar waarskynlik ‘n rondloperseekoei wat in die Limpoporivier langs die omgewing beland het.

Klik op die skakel om die video te kyk:

Seekoei video

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button