News
Man dood na ligte vliegtuig naby R59 neerstort
'n Vlieënier is gisteroggend dood na die ligte vliegtuig waarmee hy gereis het naby die R59, rigting Vereeniging, neergestort het.
Nooddienspersoneel van Tokoza en Palm Ridge-brandweer is na die toneel ontbied.
Volgens William Ntladi, woordvoerder vir die Ekurhuleni se ramp- en noodienste, was die man steeds in die wrak vasgekeer met hul aankoms. Hy het ongelukkig nie op die behandeling reageer nie en is op die toneel dood verklaar.
‘n Ondersoek word tans gedoen.
Die man het by die Rand-lughawe in Germiston opgestyg, maar sy bestemming is egter onbekend.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



