News
Dragtige perd dood na voertuig haar tref
'n Dragtige perd is dood na sy deur 'n voertuig op die N8 getref is.
Nooddienspersoneel van Netcare 911 is vanoggend net voor 08:00 ontbied na ‘n ongeluk op die N8 naby die lughawe in Kimberly.
Die perd het vermoedelik oor die pad gehardloop toe sy getref is.
Die twee insittendes van die voertuig is deur nooddienspersoneel ondersoek, maar het geen beserings opgedoen nie.
Die perd moes uitgesit word, weens die aard van haar beserings.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



