News

Man doodgesteek op plaas in Midvaal

MEYERTON. - 'n Man is gisteraand doodgesteek op 'n plaas op die Platkoppiepad in Midvaal.

Luidens ‘n persverklaring van ER24 word daar vermoed dat dit ‘n rooftog was.

Nooddienspersoneel van ER24 het omstreeks 20:45 op die toneel aangekom na plaaslike owerhede hul ontbied het.

Met hul aankoms op die toneel is hulle na ‘n klein huis geneem waar die pasiënt was. Hy het op die vloer gelê met verskeie steekwonde. Hy het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel doodverklaar.

Die toneel is vir leidrade gefynkam en die polisie ondersoek die saak.

                                ER24 Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button