News

VIDEO: EFF uitgegooi by ELM-vergadering

VEREENIGING. - Chaos het vanoggend tydens die IDP (integrated development plan) vergadering, waartydens die begroting ook goedgekeur sou word, uitgebreek.

Lede van die EFF (Economic Freedom Fighters) is na bewering by die vergadering uitgegooi omdat hul geweier het om een van die punte wat laat op die agenda bygevoeg is, te bespreek.

Volgens Simon Mollo, DA-koukusleier vir die Emfuleni Plaaslike Munisplaiteit, moet raadslede 72 uur kennis gegee word  indien daar enige veranderinge op die agenda is.

Daar is ook gerugte dat die sekuriteit pepersproei moes gebruik om lede van die EFF uit die gebou te kry. Dit kon egter nog nie bevestig word nie.

Die vergadering het egter nie verder voortgegaan na die gebeure nie.

Klik op die skakel om die video te kyk:

VIDEO: EFF uitgegooi by ELM-vergadering

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button