News
Skietvoorval op N12 eis vier
Vier mans is dood en twee ander beseer in 'n skietgeveg wat op die N12 naby die Putfontein-afrit, in Benoni uitgebreek het.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het paramedici met hul aankoms op die toneel twee ligte motorvoertuie langs die pad gevind.
By nadere ondersoek het hullle twee mans, vermoedelik verdagtes, in een van die voertuie gevind. Hulle het reeds aan hul wonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.
Nog twee mans, vermoedelik ook verdagtes, het ’n entjie vandaar in die veld gelê en is ook op die toneel dood verklaar.
Twee wetstoepasserbeamptes het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



