News

Geen oorlewendes na reusebrand op N3

Minstens twee mense is dood na 'n reusebrand op die N3 na 'n ongeluk ontstaan het. 

Volgens Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare911, het nooddienspersoneel omstreeks 23:50 by die toneel opgedaag, maar niemand kon nader aan die voertuie gaan weens die erge hitte van die reusebrand nie.

Volgens ooggetuies het ‘n bakkie aan die verkeerde kant van die snelweg gery en reg van voor met die vragmotor gebots waarna die voertuie vlam gevat het.

Die ongeluk het by die Marlboro- en London-afritte gebeur.

Die voorval word ondersoek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button