News

Man vasgekeer in brandende bakkie by Johan le Roux-afrit

MEYERTON. - Midvaal Brandweer het gisteraand tot die redding gekom van 'n man wat vasgekeer was in sy bakkie na dit by die Johan le Roux-afrit op die R59 gerol het. 

Midvaal Brandweer is net voor twaalf gisteraand na die toneel ontbied. Met hul aankoms by die toneel het die bakkie begin brand. Te danke aan hul flinke optrede is die brand vinnig geblus en die man uit die wrak gered.

Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy hospitaal toe geneem is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button