News

Knysna-brande: Duisende moes reeds ontruim

Sowat 10 000 mense van Knysna in die Wes-Kaap moes reeds hul huise ontruim na twee verwoestende brande gisteroggend aan weerskante van die dorp uitgebreek het.

James Brent-Styan, woordvoerder vir die plaaslike regering het vanoggend bekend gemaak dat drie sterftes reeds aangemeld is.

Hy noem ook dat dit die grootste en mees vernietigende brand van sy soort in ‘n beboude gebied in die Wes-Kaap in ‘n lang tyd.

Die Knysna-brande volg kort na die ergste storm wat die provinsie in die laaste twee dekades getref het.

Die Wes-Kaap se rampbestuur het egter bevestig dat massa-ontruiming nie ind ie stadium nodig is nie, maar inwoners van Brenton-on-Sea, Belvedere, Welbedach, Nania, Eastford, Groen Weivelde en Knysna Heights moes hul wonings ontruim.

Inwoners van ‘n ouetehuis in Knysna en Plettenbergbaai moes ook hul tuiste verlaat.

Nooddienste monitor die situasie en baklei steeds teen sterk wind en baie rook wat die gebruik van helikopters onmoontlik maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button