Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM het vroeër vanoggend bekend gemaak dat die geliefde en begaafde aanbieder van Pretoria FM se gewilde Sondagaandprogram Nagmusiek, Johann Botha, gisteraand tydens ‘n rooftog in Johannesburg doodgeskiet is.
Johann was ook voorheen die aanbieder van die TV program 50/50 en het steeds gereeld bydraes geskep vir M-Net se aktualiteitsprogram Carte Blanche.
“Johann se dood is ‘n reuse verlies vir die land, media en die mense van Suid-Afrika. Sy dood onderstreep weer eens die vlaag van gewelddadige misdaad en rampokkery wat Suid-Afrika tans gevange hou,” sê Spies.
Meer besonderhede sal volg soos wat meer inligting oor die moord beskikbaar raak.



