News
Vrou kritiek na ongeluk op R54
VEREENIGING - 'n Vrou het kritieke beserings opgedoen na sy in 'n kop-aan-kop botsing met 'n vragmotor betrokke was.
Die ongeluk het Donderdagaand op die R54 (Villierspad buite Drie Riviere) gebeur.
Volgens Russen Meiring, woordvoerder vir ER24, is nooddienspersoneel en Midvaal Brandweer na die toneel ontbied waar hulle die voertuig en vragmotor langs die kant van die pad gevind het.
Met verdere ondersoek het hulle gevind dat die vrou in die wrak vasgekeer is. Lewenskake is ingespan om haar uit die wrak te bevry.
Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na die MediClinic Vereeniging vir verdere behandeling geneem is.
Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



