News

Twee vermeende rowers en winkeldief ontsnap uit Sasolburg-selle

SASOLBURG. - Sasolburg SAPD is op soek na drie verdagtes wat Maandag uit die selle by Sasolburg-landdroshof ontsnap het.

Mpho Mokoena (21), Ben Nengomashe Motaung (26) en Bongani Tshabalala (24) het tydens etensuur ontsnap voordat hulle in die hof sou verskyn.

Brig. Pholenyane Morake, woordvoerder vir die polisie, het gesê hulle stel ondersoek in rondom die omstandighede van die ontsnapping en diegene wat nalatig opgetree het, sal diensooreenkomstig hanteer word.

Mokoena staan tereg op aanklag van roof met ‘n vuurwapen, Motaung op aanklag van roof en Tshabalala is in aanhouding vir winkeldiefstal.

Enige persoon met inligting kan lt.kol Sabata Modupe by 082 466 7939 of 016 973 2192 skakel.

 

Bongani Tshabalala
Ben Nengomashe Motaung
Mpho Mokoena

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button