
Hulle het gister (13 Junie) weer hard aan die werk gespring. Hulle het ‘n verdere 4 000m onwettige visnette en sowat 250 vis uit die Vaaldam by Vaal Marina by die UJ gronde gehaal. Een man is gearresteer en drie kanos is gekonfiskeer.
By Ascot on Vaal is daar 2 000m onwettige visnet uit die Vaalrivier gehaal en sowat 150 visse. Daar is ook ‘n verdere twee kanos gekonfiskeer.
Volgens inligting word die vis verkoop. Die manier van visvang is egter onwettig en die polisie se watervleuel doen alles in hul vermoë om die onwettige bedrywighede hok te slaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



