BlogsLifestyleOpinions

Oeroue rotse help om herkoms van atmosfeer te ontrafel

Kwarts wat 3,3 miljard jaar oud is en by Barberton in Suid-Afrika aangetref word, help wetenskaplikes om die geheimenisse oor die aarde se atmosfeer te ontrafel

Deur Herman Toerien

Kwarts wat 3,3 miljard jaar oud is en by Barberton in Suid-Afrika aangetref word, help wetenskaplikes om die geheimenisse oor die aarde se atmosfeer te ontrafel.

Die aarde het te na-aan die son ontstaan om die vlugtige elemente te kon behou wat in die vroeë atmosfeer teenwoordig was, en daarom is dit duidelik dat die atmosfeer sedertdien aangevul moes gewees het, aldus ’n artikel wat in die vakjoernaal, Nature Communications, gepubliseer is.

Die navorsers het lug wat in lugborreltjies in die kwarts vasgevang is, ondersoek en vasgestel dat dit elemente soos variasies van Xenon bevat, wat nie natuurlik op die aarde voorkom nie.

Hieruit is dit duidelik dat die oorspronklike atmosfeer, na dit gevorm het, deur atmosfeer van elders aangevul moes gewees het. Komete blyk die mees geskikte kandidate te wees.

Lees die volledige artikel in Sci News by https://www.sci-news.com/geology/comets-earths-atmosphere-04881.html

Grafika: Die vroeë aarde word deur komete gebombardeer. Illustrasie, Nasa

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button