EntertainmentEventsLifestyleLocal newsSport

Geliefde kanovaarder met gedenkvaart onthou

Wyle Gerhard Nel het in April 2013 ten aanskoue van sy klubmaats aan 'n hartaanval gesterf nadat hy 'n tydtoets op die Vaalrivier voltooi het.

VANDERBIJLPARK. – Die jaarlikse Gerhard Nel Gedenkwedvaart vind Saterdag, 24 Junie tussen Caravan Park in Meyerton en die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus plaas.

Die wedvaart is vanjaar ten bate van kanovaarders wat gereedmaak vir die groot Bergrivier-uitdaging wat in Julie plaasvind. Toeskouers is welkom om Saterdag se geleentheid by te woon.

‘n Skole-ligawedvaart vind ook die dag op die kampus plaas. Nadere besonderhede is beskikbaar by Jan Leonard by 083 680 5952.

* Wyle Gerhard Nel, wat ‘n bedryfsingenieur by ArcelorMittal en ‘n ywerige lid van die Watuni-kanoklub was, het in April 2013 ten aanskoue van sy klubmaats ná ‘n tydtoets op die Vaalrivier inmekaargesak en aan ‘n hartaanval gesterf. Die gedenkwedvaart wat sy naam dra, word nou jaarliks deur die Watuni’s gehou as herinnering aan dié geliefde kanovaarder en goeie vriend.

 

Related Articles

 
Back to top button