CommunityLocal newsNewsNews
Ouma Jossie se verdagte moordenaar weer in hof
Ouma Jossie se verdagte moordenaar weer in hof
VANDERBIJLPARK. – Die verdagte in die moordsaak van Jossie Gilson (90), wat op Sondag 26 Februarie in haar kamer by die Pioneer House vermoor is, het weer 23 Junie vlugtig in die streekhof verskyn.
Die saak teen Dirk Johannes Crafford (44) is voorheen uitgestel ter afwagting van die DNA uitslae. Die DNA uitslae was egter nog steeds nie beskikbaar en die saak is weer uitgestel na 2 Augustus. Crafford is steeds op borgtog en voorwaardes. Jossie Gilson is die aand van 26 Februarie in haar kamer in die Pioneer House met 16 steekwonde en ‘n blou kol aan haar gesig dood aangetref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



