News
Vullisverwyderaars maak skokkende ontdekking
Vullisverwyderaars het gister in die weste van Pretoria 'n skokontdekking gemaak, terwyl hulle besig was om vullis uit die dromme te verwyder.
Volgens kaptein Agnus Huma, polisiewoordvorder, het een van die werkers ‘n fetus, toegedraai in ‘n handdoek, in een van die sakke gekry.
Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied. Die fetus is dood verklaar.
Die polisie ondersoek tans ‘n saak van verbrging van geboorte.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



