Talle sonder water weens Emfuleni se skuld aan Rand Water
Talle huishoudings sit vanaand sonder water of met 'n paar druppels water wat uit die krane drup weens die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se agterstallige skuld by Rand Water.

Volgens Stanley Gaba, waarnemende kommunikasie bestuurder van ELM, het Rand Water vandag die waterdruk met 20% verminder.
Rand Water het die stap geneem omdat Emfuleni nie hul belofte kon nakom om die R70mil wat hulle Rand Water skuld te betaal nie.
Hulle het ooreengekom om R15mil vandag te betaal, maar die waterdruk sal verminder bly tot die munispaliteit die totale bedrag betaal het.
Volgens DA-raadslid Elize Aucamp is daar huishoudings in Unitaspark, Waldrift, Arconpark en die sentrale beaigheids distrik (CBD) wat min tot geen water het nie.
Gaba doen egter ‘n beroep op die gemeenskap om hul rekening vir munisipale dienste te betaal. “Betaal vir die munispale dienste, dit is die regte sing om te doen,” sê hy.



