EntertainmentNews
Botsing op R21 eis twee, talle beseer
Twee mense is dood en sewe beseer nadat verskeie voertuie vanmiddag op die R21 in ’n noordelike rigting kort voor die Atlas-afdraai in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.

Nooddienspersoneel van ER24 en ander nooddienste het op die toneel aangekom waar twee groot trokke en drie ligte motors gebots het.
Al vyf voertuie was oor die hoofweg versprei en verkeer is herlei.
By nadere ondersoek het paramedici gesien ’n man in die eerste ligte voertuig en ’n bejaarde vrou in die tweede voertuig het veelvuldige beserings opgedoen en geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Sewe ander pasiënte is op die toneel behandel voor hul hospitaal toe geneem is.
Een bestuurder het glo uitgeswaai vir ’n voetganger wat oor die pad gehardloop het wat veroorsaak het dat een van die trokke oor die middellyn gestuur het en in aankomende verkeer beland het.
Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



