Botsing op R21 eis twee, talle beseer
Twee mense is dood en sewe beseer nadat verskeie voertuie vanmiddag op die R21 in ’n noordelike rigting kort voor die Atlas-afdraai in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.

Al vyf voertuie was oor die hoofweg versprei en verkeer is herlei.
By nadere ondersoek het paramedici gesien ’n man in die eerste ligte voertuig en ’n bejaarde vrou in die tweede voertuig het veelvuldige beserings opgedoen en geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Een bestuurder het glo uitgeswaai vir ’n voetganger wat oor die pad gehardloop het wat veroorsaak het dat een van die trokke oor die middellyn gestuur het en in aankomende verkeer beland het.
Die voorval word ondersoek.




