Man brand dood in ongeluk
Een man is dood en nege ander beseer in 'n gru-botsing laat gister aand op die N1, voor die William Nichol-afrit in, noord van Johannesburg.

Nooddienspersoneel van Netcare 911 is na die toneel ontbied.
Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het die bestuurder van ‘n motor teen die verkeer gery en toe met ‘n bakkie gebots.
As gevolg van die impak het die motor aan die brand geslaan.
Brandweermanne het die vlamme probeer blus, maar die bestuurder het toe reeds doodgebrand.
Die wrakstukke van beide voertuie was oor die pad versprei.
Meganiese toerusting is ingespan om die agt beseerdes uit die bakkie te bevry. Hulle beserings wissel van gering tot middelmatig.
Die agt beseerdes is na verskeie hospitale vir verdere behandeling geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.



