
VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk laatmiddag op die kruising van die R42 en R57 (kruising van die dood) tussen drie voertuie, het een vrou in die hospitaal laat beland.
Die ongeluk het na 17:00 gebeur toe ‘n Corsa bakkie vanuit Sasolburg se rigting na Vereeniging se kant wou draai. ‘n Audie A3 het die Corsa bakkie aan die sykant getref en die Corsa bakkie op sy beurt teen ‘n stilstaande Hyundai SUV laat bots. Die twee mans in die Audi en man en vrou in die Hyundai was ongedeerd. Die vrou in die Corsa bakkie is op die toneel behandel en deur mediese personeel en na die hospitaal vervoer vir verdere behandeling.




