News

Polisieman in gesig geskiet by polisiestasie

'n Polisiebeampte is Woensdag in die vroeëoggendure in die Lingelethu-Wes polisiestasie in Khayelitsha in die gesig geskiet.

Volgens Maroela Media sê brig. Novela Potelwa drie mans het omstreeks 02:00 die polisiestasie binnekom omdat hulle glo ‘n rooftog wou rapporteer.

Terwyl polisiebeamptes hulle bygestaan het, het hulle skielik op die beamptes begin losbrand.

‘n Sersant is in sy gesig, naby sy oog gewond.

Die drie mans het op vlug geslaan.

Die sersant is hospitaal toe geneem vir die nodige mediese sorg.

Die motief van die voorval is onbekend, maar ondersoek word ingestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button