Vrou beroof toe motor sonder brandstof gaan staan
'n 60-jarige vrou is beseer tydens 'n roof toe die voertuig waarmee hulle gery het sonder brandstof gaan staan het.
Die voertuig het op die N2-snelweg, suid van Durban, gaan staan.
Die bestuurder het brandstof gaan koop en die vrou het in die voertuig agtergebly.
Twee mans het uit die bosse langs die snelweg te voorskyn gekom en die venster met ‘n baksteen stukkend gegooi.
Hulle het haar beroof van haar waardevolle besittings voor hulle te voet op vlug geslaan het.
Sy het beserings aan haar arm opgedoen as gevolg van die glasstukkies toe hulle die venster gebreek het.



