News

WhatsApp gaan nie meer op alle fone werk nie

Is jou foon op dié lys?

WhatsApp het meer as 1 biljoen gebruikers wêreldwyd, maar teen 2020 (of selfs vroeër) sal sommige toegang tot hierdie data-boodskapdiens verloor.

Die maatskappy, wat aan Facebook behoort, het verlede jaar aangekondig hulle gaan op verskeie fone steun vir die app staak, maar hulle het sedertdien die spertyd vir sommige BlackBerry- en Nokia-toestelle verleng, berig MyBroadband.

Die besluitnemers by WhatsApp het onlangs op hul webtuiste die lys bygewerk van fone wat hierdeur geraak sal word. “Hierdie platforms bied nie die soort vermoëns wat ons benodig om ons app se funksies in die toekoms uit te brei nie,” het hulle verduidelik.

“As jy een van hierdie toestelle gebruik, beveel ons aan dat jy opgradeer na ’n nuwer bedryfstelsel of na ’n nuwer Android OS 4.0+, iPhone iOS 7+ of Windows Phone 8.1+.”

Die lys wat geraak word:

• Nokia Symbian S60 – ná 30 Junie 2017.
• BlackBerry OS en BlackBerry 10 – ná 31 Desember 2017.
• Windows Phone 8.0 en ouer – ná 31 Desember 2017.
• Nokia S40 – ná 31 Desember 2018.
• Android-weergawes – 2.3.7 en ouer ná 1 Februarie 2020.

Bron: Huisgenoot.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button