Local newsNews

En die vuilste hoofstad in die land is…

Mafikeng, die hoofstad van Noordwes, is glo die vuilste hoofstad in Suid-Afrika.

Dit is volgens Hannes Schutte, VF Plus-LPW in die Noordwes wetgewer.

Daar word berig dat na ‘n vergadering met die stadsraad het fotos aan die lig gekom wat wys hoe rou riool op verskeie plekke in die stad vloei en selfs tot in die Moloporivier.

Daar loop ook riool voor een van die skole wat ‘n groot gesondheidsrisiko vir die kinders inhou.

Verder word rommel op openbare terreine gestrooi, aan die brand gesteek of deur diere gevreet.

Die stad word die afgelope 20 jaar deur die ANC beheer.

Bron: Maroela Media

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button