News
20-Jarige kritiek na voertuig haar tref
‘n Voetganger is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe gevlieg na sy vanoggend deur ‘n voertuig raakgery is.

Paramedici van ER24 het net na 07:00 by die toneel in Tom Mullerweg, West Village, aangekom waar die vrou in die middlel van die pad gelê het. Die voertuig wat haar getref het, was sowat 20m weg van haar.
Sy het ernstige beserings aan haar arms opgedoen asook kopbeserings.
Die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie.
Sy is op die toneel behandel voor sy per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gevlieg is.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



