News

Voetganger sterf in Frikkie Meyer-boulevard

VANDERBIJLPARK. - 'n Voetganger is dood na sy vanmiddag deur 'n bakkie in Frikkie Meyer-boulevard getref is.

Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied waar hulle die vrou in die regterkantste baan aangetref het.

Die bakkie het ‘n paar meter verder gestaan.

Die sestigjarige vrou het met paramedici se aankoms by die toneel reeds aan haar beserings beswyk.

Die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button