Local newsNewsNews

Vermiste seuns in Orange Farm gevind

ORANGE FARM. - Sedert die initiasie-seisoen begin het, is 29 seuns as vermis aangemeld. 

Die seuns word na bewering ontvoer en moet dan deur die initiasie-proses gaan. Meeste is te bang om weg te hardloop en ander kry nie die geleentheid nie.

17 van die 29 seuns wat as vermis aangemeld is, is Dinsdag gevind.

In die verlede was inistiasie-skole algemeen en deel van ‘n tradisie in verskeie kulture.

Seuns is na dié skole gestuur om ‘n man te word.

Baie van vandag se initiasie-skole word as onwettig bestempel en word die kinders dikwels gebruik om ‘n losprys te eis by die ouers.

Ouers van die vermiste seuns voel egter die polisie doen nie genoeg nie, maar die polisie meen hulle doen alles moontlik om die kinders op te spoor.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button