CommunityLocal newsNewsNews

Bestuurder verlaat toneel na ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder van ‘n wit Mahindra Scorpio het laat gisteraand die toneel van ‘n ongeluk verlaat nadat hy in die agterkant van ‘n ligblou Toyota Corolla gebots het op die R42 (Barrageweg)

 

VANDERBIJLPARK. –  Die bestuurder van ‘n wit Mahindra Scorpio het laat gisteraand Saterdag 1 Julie die toneel van ‘n ongeluk verlaat nadat hy in die agterkant van ‘n ligblou Toyota Corolla gebots het op die R42 (Barrageweg).

Volgens inligting het die bestuurder van die Mahindra teen ‘n baie hoe spoed net na die robot by VUT, rigting Vereeniging, teen die agterkant van die Corolla gebots. Na die ongeluk het hy klaarblyklik iemand geskakel wat hom op die toneel kom oplaai het. Die bestuurder van die Corolla is in die ongeluk beseer en is per ambulans na die hospitaal geneem vir behandeling. Die Mahindra het ‘n motorfiets agter op die bak gehad wat ook in die ongeluk beskadig is. Die saak word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button