CommunityLocal newsNews
Dié week in die nuus
Hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (5-7 Julie 2017) is op straat en hier is 'n voorsmakie van wat ons lesers kan lees:

Retha Fitchat
- Erge woede heers steeds op die R59-snelweg by Midvaal, waar betogers wat onmiddellik erwe en huise eis, die afgelope week klippe gegooi en brande gestig het.
- ‘n Vaaldriehoekse onderwyseres is in hegtenis geneem weens beweerde dwelmhandel en/of -misbruik.
- Kinders word na ‘n plek van veiligheid geneem na bewerings oor ernstige misbruike in ‘n beweerde “gruwelhuis”.
- Die ANC in Metsimaholo stuur hul opposisie warmplek toe!
- ‘n Jong man van Vanderbijlpark kan dalk sy been verloor nadat hy Saterdag in ‘n botsing betrokke was en nie gou genoeg ‘n dringende operasie in die Sebokeng-hospitaal kan kry nie.
- Twee leeus is weer veilig op hok nadat hulle uitgebreek en in Deneysville se strate gaan wandel het.
- Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gee ‘n uiteensetting van waarom Smart Meters GOED is vir ons!
- Dan is daar ook nog Vaalweekblad se gereelde SMS-rubrieke, maatsoekers en werksoekers.
- Al die mooi jong mense van ons gebied, onthou dat inskrywings vir vanjaar se Mr & Miss Vaal wedstryd more sluit! Skryf gou in en wen dalk hope pryse!
- SPORT:
- Ondanks die koel weer is daar hope kookwater-aksie in Sasolburg se openbare swembad, waar die 46ste Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe tans plaasvind.
- Lees ook alles oor Transvalia wat rugbygeskiedenis gaan maak wanneer die skool op 24 Julie teen Grey College in Bloemfontein te staan kom.
Dié berigte en veel meer in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad – nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar teen slegs R5-40.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



