News

Nog paaie in Midvaal word gesluit.

MEYERTON. - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê die R82 tussen Walkerville en De Deur is nou ook gesluit as gevolg van gewelddadige betogings wat sedert 2 Julie voortduur.

Inwoners van Sicelo het Sondag begin om paaie met brandende bande en klippe te versper omdat hulle ongelukkig is oor behuising.

Sedertdien is die R59 tussen die Johan le Roux- en Meyer-afrit gesluit. Morriststraat is ook toegemaak.

Die betogers is op die oomblik rustig na die polisie vanoggend rubberkoeëls gebruik het om die groep tot bedaring te bring.

Vaalweekblad se joernalis, Jannie du Plessis, is op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button