
VEREENIGING. – ‘n Jong entrepeneur het met die idee opgekom om iets te begin doen om die area waarin hy woon veiliger te maak en so het hy sy eie besigheid gegin.
Ruan Hambley (20) het as jong man al die kursusse tot by Graad A in sekuriteit verwerf. Sy passie is om sy gemeenskap te dien en te beskerm teen alle soorte misdaad asook om ‘n verskil te maak in die veiligheid van sy gemeenskap. Hy noem die besigheid FALCRA (Falcon Ridge Residents Association) en patroleer die Falcon Ridge area. Dit besigheid funksioneer as ‘n buurtwag.
“Vertroue en goeie diens is die kern van sy besigheid,” sê Thinus Olivier, mede-stigter van FALCRA. Ruan beoog om die besigheid uit te brei en werk te skep vir baie jong manne en vroue daar buite.
Volgens Ruan styg sy ledetal daagliks en het hy reeds ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit met Sekuriteit Sonder Grense en kry baie ondersteuning van hulle af. FALCRA het ook 24 uur bystand van Midvaal Private Ambulance services. Die drie groepe het op Woensdag 5 Julie ‘n massa patrollie gehou.





