Twee helikopters land in Vanderbijlpark vir pasiënte
VANDERBIJLPARK. - Twee helikopters het laat gisteraand 10 Julie in Vanderbijlpark geland om pasiënte vanaf Mediclinic Emfuleni na verskillende hospitale te neem. Die kruising van Barrageweg en Frikkie Meyer boulevard was vir 'n geruime tyd gesluit vir 'n ER24 se BA105 helikopter wat 'n vrou opgelaai het wat vroeër die dag in 'n ongeluk op die R59 betrokke was. Terwyl die helikopter op die kruising gewag het, het Netcare 911 se Bell 222 helikopter om die kruising gevlieg en 'n ruk later op die parkeer-area by Shoprite gaan land. Hulle het ook 'n mediese pasiënt kom laai vir 'n hospitaal in Johannesburg. Volgens inligting kon hulle nie op die perseel van Mediclinic land nie wat heelwaarskynlik is as gevolg van die bouwerk wat daar plaasvind.
VANDERBIJLPARK. – Twee helikopters het laat gisteraand 10 Julie in Vanderbijlpark geland om pasiënte vanaf Mediclinic Emfuleni na verskillende hospitale te neem.
Die kruising van Barrageweg en Frikkie Meyer boulevard was vir ‘n geruime tyd gesluit vir ‘n ER24 se BO105 helikopter wat ‘n vrou opgelaai het wat vroeër die dag in ‘n ongeluk op die R59 betrokke was. Terwyl die helikopter op die kruising gewag het, het Netcare 911 se Bell 222 helikopter om die kruising gevlieg en ‘n ruk later op die parkeer-area by Shoprite gaan land. Hulle het ook ‘n mediese pasiënt kom laai vir ‘n hospitaal in Johannesburg. Volgens inligting kon hulle nie op die perseel van Mediclinic land nie wat heelwaarskynlik is as gevolg van die bouwerk wat daar plaasvind.













