News

Drie beseer in ongeluk in Boy Louw-weg

VEREENIGING - Drie mense is beseer in 'n ongeluk Sondagaand in Boy Louw-weg.

Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het hulle beide voertuie aan die kant van die pad gevind.  Een van die voertuie is erg beskadig in die ongeluk.

‘n 29-Jarige man was vasgekeer binne een van die voertuie. Hy het ‘n kopbesering opgedoen en was in ‘n kritieke toestand.

Die ander twee pasiënte het op die toneel rondgeloop met ligte beserings.

Reddingsdienste moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die bestuurder uit die voertuig te kry.

Die pasiënte is op die toneel behandel voor hul hospitaal toe geneem is. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button