News

Ma en dogter na bewering doodgeslaan

Die ma (91) en haar dogter (70), albei pensioentrekkers, is na bewering meermale met ’n stomp voorwerp in Germiston aangeval.

Een van 91-jarige se ander dogters het Woensdagmiddag omstreeks tweeuur in hul huis in Webberweg, Lambton, op hul lyke afgekom.

Kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die vermoede bestaan dat ma en dogter op pad huis toe agtervolg is. Die huis is geplunder, maar dis nog onbekend wat alles vermis word.

 

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale kommissaris van die Gautengse polisie, het haar skok oor die moorde uitgespreek.

 

“Misdaad teen kinders, vroue en bejaardes is ’n prioriteit en die polisie sal toesien dat diegene wat dit gedoen het, aanspreeklik gebou word.”

 

Enigiemand met inligting oor die voorval moet asseblief hul naaste polisiekantoor of Crimeline by 800-423-TIPS (8477) bel. Inligting kan ook anoniem per SMS aan Crimeline by 32211 gestuur word. Elke SMS kos R1.

Bron: Huisgenoot.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button