CommunityLocal newsNewsNews

Raaisel van verkoolde lyke: steeds geen antwoorde

VEREENIGING. - Na 'n webplasing verlede week op vaalweekblad.com dat twee erg verkoolde lyke by Spider Valley buite Vereeniging gevind is asook die verdwyning van 'n Afrikaansprekende egpaar van Risiville, het verskeie gerugte versprei wat tot dusver net bespiegelings is.

VEREENIGING. – Na ‘n webplasing verlede week op www.vaalweekblad.com dat twee erg verkoolde lyke by Spider Valley buite Vereeniging gevind is asook die verdwyning van ‘n  Afrikaansprekende egpaar van Risiville, het verskeie gerugte versprei wat tot dusver net bespiegelings is.

Vaalweekblad bevestig dat die Vereeniging polisie volgens inligting twee dossiere oopgemaak het. ‘n Dossier van vermiste persone en een van moord maar of dit verband hou met mekaar kan net DNA toetse bevestig. Familie van die  egpaar het gister DNA monster gegee maar dit kan nog ‘n geruime tyd wees voordat die identiteit van die verkoolde liggame bekend gemaak kan word.

Meyerton polisie het ook die saak rondom drie persone van Bethlehem in die Vrystaat met Vaalweekblad uitgeklaar.

LEES DIE JONGSTE NUUS OOR DIE VERDWYNINGS EN RAAISELMOORD IN VAALWEEKBLAD WOENSDAG 19 Julie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button