LifestyleLocal news
Hulda gehuldig na 20 jaar lojale diens
Werkgewer sê dankie vir twee dekades se goeie werk
Pro Audit Services Inc Vanderbijlpark, ‘n plaaslike ouditeursfirma wat al 37 jaar sy dienste aan die publiek in die Vaaldriehoek aanbied, het onlangs ‘n sertifikaat vir 20 jaar se getroue en lojale diens aan mev. Hulda Smit oorhandig. Mnr. Piet Pienaar, direkteur van die firma, het mev. Smit geloof vir haar lojaliteit. Tydens die herdenking van haar prestasie is sy ook verras met die toevoeging van vyf ekstra dae tot haar jaarlikse verlof.



