News

Man sterf in brand in V’ging

VEREENIGING. -  'n Man is Saterdag dood toe 'n brand by sy woonstel op die hoek van Victoria- en Lesliestraat uitgebreek het.

Paramedici van ER24 is net na 13:00 na die toneel ontbied. Met hul aankoms was die brand reeds deur ‘n lid van die gemeenskap geblus.

Hulle het ondersoek ingestel en ‘n man gevind wat langs die bed gelê het. Hy het ernstige brandwonde opgedoen.  Hy is op die toneel behandel en in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

Hy het egter kort daarna aan sy beserings beswyk.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button