News

Minstens 50 beseer in reeks botsings

Minstens 50 mense is vanoggend beseer in 'n reeks botsings op die N12-snelweg tussen Etwatwa- en Putfonteinweg-afrit in Benoni.

Digte mis het moontlik tot die botsings gelei het. Verskeie voertuie en ‘n paar minibustaxi’s was in die botsings betrokke.

Paramedici van Netcare 911, ER24 en ander nooddienste is ontbied waar hulle van een toneel na ‘n ander gegaan het om diegene wat beseer is te behandel.

Die verkeer was egter erg ontwrig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button