Man kritiek na skok by substasie
’n Man in sy dertigs is ernstig beseer na hy Maandag by ’n substasie in Potchefstroom geskok het.
Plaaslike owerhede en paramedici van ER24 is na die toneel ontbied.
Russel Meiring, ER24- woordvoerder, sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man langs ’n draad onder ’n spantoring gevind.
Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy ernstige brandwonde regoor sy liggaam opgedoen het en dat hy in ’n kritieke toestand is.
Die man is op die toneel behandel voor hy vir verdere mesiese sorg hospitaal toe geneem is.
Die voorval word ondersoek.
* Vaalweekblad het ook Vrydag berig oor ‘n 50jarige man, wat vir die Emfuleni Munisipaliteit kontrakwerk doen, wat doodgeskok is in “Cherry Picker” toe hulle ‘n transformator wou vervang op die Falcon Ridge kleinhoewes. Die lyn van 11Kv was op onverklaarbare rede aan gewees.



