
Retha Fitchat
Dié week se Vaalweekblad is op straat, en hier is ‘n voorsmakie van die nuus:
* Mnr. Eugene McClintock skok dood terwyl hy aan ‘n munisipale transformator by die Langerand-kleinhoewes in Falcon Ridge gewerk het.
* Vriende, familie en Blitspatrollie-kollegas onthou die geliefde polisieman, A.o. Riaan Bouwer wat verlede maand gesterf het.
* Familie en vriende onthou ook die geliefde pastoor Nel Haasbroek, wat ‘n onvergeetlike bydrae in die lewe van veral armes in die Vaaldriehoek gedoen het.
* Die ouers van ‘n Sasolburgse seuntjie, Juandré Gouws (3), begin hom voorberei op ‘n operasie waartydens sy regter-ogie verwyder gaan word weens kanker.
* Weet jy wat is blou-lig en hoe dit jou oë verniel? As jy ‘n rekenaar, tablet of selfoon gebruik, moet jy hierdie berig lees.
* Daar is uiteindelik lig aan die einde van die tonnel vir inwoners van Refengkgotse en Deneysville wat die afgelope 2 jaar, maar veral die afgelope 6 maande, ‘n nuwe, doeltreffender pomp in die stelsel gekry het.
* Op 9 Augustus is dit weer tyd vir die Goeiehoek-kontreimark. Lees wat wag alles hierdie keer op besoekers!
This week’s edition includes an English Bonus Section:
Read more about these topics:
An accident in Midvaal in which a woman passenger was seriously injured; How to thrive during uncertainty and complexity; The power struggle in Emfuleni’s local council and a report about a favourable wage agreement, bargained by Solidarity.
* You can also read more about the legality of using a surrogate mother to have a baby; and how long hours on the job can hurt your heart.
* All of you who enjoy hiking or jogging in the outdoors can get all the information you need to take part in the weekly parkrun at Heron Banks in Vaalpark.
Sport:
Die Kiwi’s kry ‘n kil ontvangs tydens hul deelname in Vanderbijlpark, en byt met 63-12 in die stof teen Hoërskool Driehoek.
Die tweede rugbyspan van Vereeniging Rugbyklub het Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar daarin geslaag om koning te kraai in sy liga.
Lees ook alles oor ‘n egpaar van Parys wat aan die uitmergelende jaarlikse Fauresmith SA nasionale perde-uithouritkampioenskap deelgeneem het.
Dan is daar ook nog die weeklikse SMS-meningsblaaie, werksoekershoek en maatsrubriek. ‘n Byeenkoms vir alleenlopers word ook gereël. Kry jou lekkerlees Vaalweekblad vandag teen slegs R5-40 by jou naaste straatverkoper of kafee.
Ondersteun asseblief Vaalweekblad se papier-uitgawe, dan stel julle ons in staat om voort te gaan om gratis nuus op www.vaalweekblad.com en www.sedibengster.com sowel as op Facebook te plaas!



