Drie van Gimnasium se netbalspanne is as Noordwes-kampioene gekroon na afloop van die eindwedstryde vir A-spanne wat verlede week by Gimnasium plaasgevind het.
Gimmies se o.16 netbalspan is voor Rizané v Rooyen, Funeka Wanyane, Paula Maree en Elani van der Merwe. Agter: Melissa Smit, Leonie Maree, me. Marianne Ray (afrigter), Annemi de Wet en Ané Wessels.
Drie van Gimnasium se netbalspanne is as Noordwes-kampioene gekroon na afloop van die eindwedstryde vir A-spanne wat verlede week by Gimnasium plaasgevind het. Gimmies is gekroon as die o.15, o.16- en o.17 kampioene, nadat al drie spanne vir Rustenburg in die finale geklop het. Die o.14 finaal vind op ‘n latere stadium plaas.
Gimnasium se eerstespan het in die halfeind teen Volkies verloor, maar eindig wel derde.
Gimmies se o.16 netbalspan is voor Rizané v Rooyen, Funeka Wanyane, Paula Maree en Elani van der Merwe. Agter: Melissa Smit, Leonie Maree, me. Marianne Ray (afrigter), Annemi de Wet en Ané Wessels.
Gimmies se o.17 netbalspan is voor Christina Eloff, Marné Germishuis, Joné Kruger en Ilne Prinsloo. Agter: Carla Kock, Jodean Rosin, Morgan Olen en me. Hildé Myburgh (afrigter).
Die o.15-netbalspan is agter: Estelle van Tonder, Milla Henning, Leonie Stander (afrigter), Jonette Labuschagne en Nadine Naude. Voor: Lia Wissing, Lené Prinsloo (kapt), Dané Holsthauzen. Sonja Stroebel en Desiré Els.