News
Sekuriteitswag in Drie Riviere geskiet
VEREENIGING. - 'n 34-jarige sekuriteitswag is in die vroeë oggendure in Drie Riviere aangeval en geskiet.
Volgens paramedici van ER24 het hulle met hul aankoms op die toneel die man in die sekuriteitsvoertuig gevind. Hy is drie keer, in sy arm, heup en bobeen, geskiet.
Hy is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



