EntertainmentEventsLifestyleNewsSponsored
Dis Potjie- en Mampoertyd met Steve!
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Stonehaven, en kos R60 vir volwassenes en R20 vir kinders van 12 jaar en jonger. Die heel kleintjies tot 5 jaar kom gratis

Retha Fitchat
VANDERBIJLPARK. – Jy kan vanjaar maar ‘n hele paar feeste misloop maar as daar nou een is waar jy móét wees, is dit Saterdag 29 Julie se Potjiekos en Mampoerfees by Stonehaven-on-Vaal!
Kom ervaar die musiek, geregte en legendariese hartlikheid van die Afrikaanse kultuur by dié gewilde jaarlikse fees. Die pret begin die middag en gaan aanhou tot middernag. Daar wag dus ‘n dag en nag vol heerlike Afrikaanse familiepret op alle gesinne.
Die immergewilde Steve Hofmeyr gaan feesgangers se tone laat krul met sy op-en-wakker musiek en slim kwinkslae.
Buiten die talle potjies waaraan besoekers sal kan smul, sal daar ook ander tradisionele Afrikaanse geregte op verskeie stalletjies se spyskaarte wees. Natuurlik is daar ook verskillende soorte mampoer om aan te proe.
Soos altyd gaan daar hope pret-aktiwiteite wees en daar wag weer lekker pryse op die wenners! Die kleingoed van alle ouderdomme is soos gewoonlik welkom om in die pret te kom deel met verskeie gratis aktiwiteite soos die meganiese bulry.
Kom kyk wie word vanjaar gekroon as Potjiekos-konings, kom deel in die boeresport en verlekker jou in tradisionele boeremusiek. Kom sokkie saam en neem deel aan die danskompetisie – dalk wen jy ‘n prys!
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Stonehaven, en kos R60 vir volwassenes en R20 vir kinders van 12 jaar en jonger. Die heel kleintjies tot 5 jaar kom gratis.
Sien julle daar, en bring sommer vir ouma en oupa ook saam!



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



